)

Dasse wen Interskole ses jaar in ‘n ry!

Hoërskool Langenhoven van Riversdal, het op Saterdag,  19 Augustus 2017, ‘n goeie sportdag tydens die jaarlikse interskole-kragmeting, teen Hoërskool Swellendam beleef.

Die volgende spanne se tellings het bygedra tot die dag se puntestelsel: Hoërskool Langenhoven se eerste netbalspan speel ‘n baie kompeterende wedstryd en wen welverdiend met 32-36 en die tweedespan verloor  6-22. Die Dasse se O/15A’s moes met 16-22 die knie buig en die O/15B’s teen hulle O/16B’s met 10-17. Die O/14A’s seëvier met 22-15 en die O/14B’s 19-15.

Die hokkie het ‘n goeie dag gehad en die tellings is as volg: Die eerste- en tweedespan het ‘n mooi vertoning gelewer en speel beide 0-0 gelykop.Die O/16 seunspan speel 0-0 gelykop en die O/16B dogters seëvier met 3-0. Die O/16A’s moes met 0-2 die knie buig en die O/14A’s speel 2-2 gelykop.

Die rugby het moeiliker wedstryde gehad en die tweedespan moes met 7-21 die knie buig, asook die O/15’s met 7-11. Die eerstespan speel ‘n besondere wedstryd en seëvier met 23-17.

Die Dasse oorheers die dag as gevolg van die puntestelsel wat gebruik word om die Interskole-wenner te bepaal. Langenhoven het ook die rugby- en netbaltrofeë ingepalm. Die Dasse het nie net op die dag gewen nie, maar ook met die voorprogram se aktiwiteite wat Bybelvasvra, skaak en redenaars ingesluit het.

Die Dasse het egter gesorg dat die trofee vir die sesde jaar in ‘n ry veilig in Dasseland bly!

Op die foto heel bo verskyn van links: Elana van Zyl, Manfred-Joe Oosthuizen en Kelly-Mari Boswell met die trofees.

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal