Meike Strydom, Gr 11, van die Hoërskool Outeniqua, het Suid-Afrika verteenwoordig vanaf 12-16 Julie 2017 by die IAAF World Youth Championships te Nairobi, Kenya.
Sy het die groen en goud met trots gedra en ‘n skitterende 5de plek verdien in die gewigstoot (3kg). Die Kwaggas is baie trots op jou, Meike!