Mianca Oosthuizen, ān graad 10-leerder van HoĆ«rskool Langenhoven in Riversdal, het op Vrydag, 11 Julie 2017 aan die Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes te Mosselbaai deelgeneem.
Hierdie Dassie verower ān silwermedalje en is gekies om nasionaal in Johannesburg vanaf 3 ā 6 Oktober 2017 te gaan deelneem. Voorwaar ān groot prestasie aangesien net nege uit 80 projekte gekies is. Haar onderwerp se naam is āMental Mathsā wat basies oor die oordra van Wiskunde gaan. Ons glo dat dit nog ān groot verskil in die aanbieding van Wiskunde gaan maak.