Die o/16- en o/18-hokkiespanne (seuns en dogters) van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, het vanaf Vrydag, 20 Julie tot Saterdag, 21 Julie, aan ‘n driehoekige toernooi te Beaufort-Wes teen Hoërskool Punt van Mosselbaai en Hoërskool Sentraal deelgeneem.
Dogters: Die o/18A’s het teen Hoërskool Punt verloor met 0-2, die o/16A’s verloor met 0-5 en die o/16B’s speel 1-1 gelykop. Die o/18A’s het teen Sentraal geseëvier met 2-1, die o/16A’s moes die knie met 0-1 buig en die o/16B’s het teen Sentraal se beginnerspan gewen met 7-0. Die o/14A’s het op Saterdag, 21 Julie tuis teen ‘n toerspan van Hendrik Louw kragte gemeet, en 0-0 gelykop gespeel.
Seuns: Die o/16’s het teen Sentraal verloor 0-5 en die o/19’s speel 0-0 gelykop. Die o/16’s teen Hoërskool Punt speel 0-0 gelykop en die o/19’s speel 1-1 gelykop.
Die netbal het op Vrydag, 20 Julie tuis teen Hoërskool Punt van Mosselbaai kragte gemeet en die tellings lyk as volg: o/14A verloor 16-23, o/14B’s speel teen ‘n gekombineerde o/14A- en B-span van Hoërskool Punt en moes die knie met 5-29 buig. Die o/15A’s speel teen Punt se o/16B’s en wen 18-14, die o/15B’s teen Punt se o/16C’s seëvier met 21-19 en die o/15C’s teen Punt se o/16D’s wen 8-3. Die o/16A’s verloor 10-27, die o/18C’s 7-22 en die o/18B’s wen 23-14. Die eerstespan moes die knie buig met 22-38.
Hoërskool Langenhoven speel op Saterdag, 28 Julie tuis teen Hoërskool Bredasdorp.
Op die foto verskyn die seuns O/19-hokkiespan, saam met hulle afrigter, mnr. Aryn Gschwend.
Become a Sponsor









