Agt lede van HoĆ«rskool Langenhoven in Riversdal se personeel en een personeellid van Laerskool Volschenk het vanaf 1-3 Junie ān Onderwyskongres (Summit) te Stellenbosch bygewoon. Education Summit is diĆ© kongres wat ān groot verskil maak. ān Verskil in onderwysers en kinders se lewens en is ook ān ideale geleentheid vir spanbou en om uitskieteronderwysers te beloon. Daar was elke dag verskillende sprekers soos Dr. Gillian Arendse, Marinda Engelbrecht, Ernst van Dyk en Rian Truter. Die Vrydag moes elke span volgens die tema kreatief aantrek om spangees te bevorder. Verskillende pryse is weggegee en HoĆ«rskool Langenhoven stap met die trofee vir beste kostuums weg en is ook genomineer vir die beste gees. Christo en Cobus het ook die Vrydagaand die gehoor met hulle sangtalent vermaak.
Volgens EstĆ©a Venter, Openbare Betrekkinge-beampte van HoĆ«rskool Langenhoven, was dit ān baie energieke, inspirerende en motiverende naweek wat haar as mens op ān persoonlike vlak en in die werksgebied verryk het. Volgens haar is dit belangrik dat kollegas so iets bywoon om sodoende bande te versterk.
Op die foto verskyn die groep wat die kongres bygewoon het. Agter, vlnr: Pieter Franklin, Denise Kloppers (Volschenk), Riaan van Schalkwyk, Piet de Villiers, Abrie Cronje, Malandi Oosthuizen en EstƩa Venter. Voor: Renette Symington en Sonja Smith.