)

Dasse-personeel woon kongres by

Agt lede van Hoërskool Langenhoven in Riversdal se personeel en een personeellid van Laerskool Volschenk het vanaf 1-3 Junie ‘n Onderwyskongres (Summit) te Stellenbosch bygewoon. Education Summit is dié kongres wat ’n groot verskil maak. ’n Verskil in onderwysers en kinders se lewens en is ook ’n ideale geleentheid vir spanbou en om uitskieteronderwysers te beloon. Daar was elke dag verskillende sprekers soos Dr. Gillian Arendse, Marinda Engelbrecht, Ernst van Dyk en Rian Truter. Die Vrydag moes elke span volgens die tema kreatief aantrek om spangees te bevorder. Verskillende pryse is weggegee en Hoërskool Langenhoven stap met die trofee vir beste kostuums weg en is ook genomineer vir die beste gees. Christo en Cobus het ook die Vrydagaand die gehoor met hulle sangtalent vermaak.

Volgens Estéa Venter, Openbare Betrekkinge-beampte van Hoërskool Langenhoven, was dit ‘n baie energieke, inspirerende en motiverende naweek wat haar as mens op ‘n persoonlike vlak en in die werksgebied verryk het. Volgens haar is dit belangrik dat kollegas so iets bywoon om sodoende bande te versterk.

Op die foto verskyn die groep wat die kongres bygewoon het. Agter, vlnr: Pieter Franklin, Denise Kloppers (Volschenk), Riaan van Schalkwyk, Piet de Villiers, Abrie Cronje, Malandi Oosthuizen en Estéa Venter. Voor: Renette Symington en Sonja Smith.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal