Cross Country Marathon (XCM). BERGFIETS | Hoërskool Waterkloof laat spore by Youth Festival @ Karkloof.
Hoërskool Waterkloof, Pretoria, is uiters trots op twee van hul ster-bikemeisies, Gretha Veldsman en Roxy de Lange, wat hul Gauteng Provinsiale kleure in Cross Country Marathon (XCM) verwerf het! Hierdie twee talentvolle Klofies het van 4 tot 6 Julie aan die Inter-Provinsiale Bergfietsfees by Karkloof deelgeneem en verstommende uitslae behaal:
🚴♀️ 4 Julie – Time Trials & XCC
- Roxy: 1ste (Time Trials)
- Roxy: 2de (XCC)
- Gretha: 4de (XCC)
🚵 5 Julie – Enduro-Light
- Roxy: 2de plek
- Gretha: 8ste plek
🏁 6 Julie – SA XCM Kampioenskappe
- Roxy: 2de plek
- Gretha: 11de plek
🎉 Algehele Festival Uitslae
- Roxy: 2de plek
- Gretha: 6de plek
Hierdie uitslae getuig van vasberadenheid, talent en ware sportgees. Klofies, julle maak ons ongelooflik trots! 🌟
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








