AVS Hoëveld Seunshokkiespan. 🏑 Hokkietrots vir Hoërskool Ermelo!
Hoërskool Ermelo se hokkiespelers het hul stempel afgedrukby die AVS Hoëveld hokkietoernooi met uitsonderlike prestasies en toewyding.
O.15 Seunshokkiespan – Onoorwonne vasberadenheid. Joshua Potgieter, Connor Erasmus, Estian Jansen van Vuuren, Ruan Rajchrt en Ruben Clack is met trots in die O.15 AVS Hoëveld-seunshokkiespan opgeneem. Die span het geen wedstryde verloor nie en het ‘n indrukwekkende 5de plek in die toernooi behaal. Ruben Clack is verder gekies vir die gesogte o.15 Presidentespan, en Connor Erasmus is as nie-reisende reserwe aangewys. Dit is ‘n erkenning van sy potensiaal en talent.
O.19 Seunshokkiespan – Sterke spel en spangees. Ryno Maritz, Victor Burgers en Marthinus Scheepers verteenwoordig die O.19 AVS Hoëveld-span, wat ook 5de geëindig het. ‘n Prestasie wat hul harde werk en spanwerk weerspieël.
Mpumalanga O.18 C-span – Groei en leerervaring. Armand Coetzer, Mpilo Mbingo en Thapelo Mokoena is gekies vir die Mpumalanga O.18 C-span wat tydens die vakansie aan ‘n toernooi by Michaelhouse deelgeneem het. Hoewel die span 8ste geëindig het, het die spelers waardevolle ervaring opgedoen en hul vaardighede verder geslyp.
Meisiespan – Onder leiding van Juffrou Prinsloo. Die O.19 AVS Hoëveld-meisiespan word afgerig deur Juffrou Charmoné Prinsloo. Hierdie span het ook ‘n bewonderenswaardige 5de plek behaal. Haar span het voortreflik gevaar met een speler wat vir die Presidentespan gekies is en twee wat hul plek in die Gazelle-span losgespeel het.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








