Anika Marais en Yahron van Dyk, twee tennisspelers van Hoƫrskool Cradock, het die afgelope paar weke hul slag op die tennisbaan gewys en is vereer vir hul puik spel met insluitings in beide die OP Plattelandespan sowel as die OP-span.
Beide Anika en Yahron het in uitmergelende proewe, wat bestaan uit twee rondtes met gemiddeld 6 wedstryde elk, ongelooflike talent getoon en albei onoorwonne van die baan gestap.Ā Anika en Yahron word albei vereer vir hierdie merkwaardige prestasie en ingesluit in die o/19 OP Plattelandespan.
Anika, ān graad 11-leerder aan CHS, het reeds in 2017 haar reputasie as waardige mededinger gestand gedoen deur die jaar af te sluit in die nommer 1 posisie vir beide die o/16 en o/19 OP-spanne.Ā Danksy hierdie pragtige presasie kwalifiseer sy vir proewe vir die SA-Skolespan wat op 25 Februarie aangebied is.Ā Na ān uitputtende week van tennis tydens die Tjaart Vorster Tennistoernooi wen Anika steeds die meerderheid van haar wedstryde en wys waarom sy as ān topspeler in die provinsie geag word.Ā Daniel Tam speel ook kenmerkende sterk tennis tydens die eerste rondtes proewe en hoewel beserings hom buite aksie hou op 25 Februarie praat sy vorige vertonings op die tennisbaan hard vir sy insluiting in die SA Skolespan.
HoĆ«rskool Cradock is besonders trots op hierdie spelers en sien uit na die aankondiging van die SA Skolespan se ranglys.Ā Hierdie span sal later vanjaar in Pretoria deelneem aan ān nasionale toernooi.Ā Ons vertrou dat jul toewyding beloon sal word Kwaggas, NIL NISI NITENDO.
Op die fotos:
Anika Marais en Yahron van Dyk, twee tennisspelers van Hoƫrskool Cradock, wat hul talent uitleef op die tennisbaan.