)

CHS Rugby vs  Hangklip

Hoërskool Cradock het die afgelope naweek in Queenstown meegeding teen die netbal- en rugbyspanne van Hoërskool Hangklip.  Ongelukkig is alle hokkiewedstryde weens die reën afgestel.

CHS se rugby sukkel in koue, nat weer om punte aan te teken, met Hangklip wat oorwinnings ervaar in die juniorwedstryde.  Teen middagete draf die eerstespan spelers op die veld en begin ‘n baie harde en fisiese wedstryd.  Die Kwaggas wys goeie verdediging en bly op die aanval.  Beide spanne spook om deur te breek en teen hafltyd is die telling ‘n skamele 3-0, in Hangklip se guns.

Goeie spanwerk word tydens die tweede helfte beloon en Delaré Schoeman duik oor die lyn om punte vir die Kwaggas aan te teken.  Hangklip antwoord hierop met ‘n puik drie van hul eie en na ‘n suksesvolle strafskop vir CHS enkele minute later staan die telling op 8 elk.  Met minute oor tot die eindfluitjie blaas druk Hangklip hul tweede drie om die wedstryd 13-8 te wen.

CHS bedank graag al die ondersteuners langs die veld wat hulle aangemoedig het die afgelope naweek.  CHS se volgende wedstryde vind plaas op 21 April 2018, wanneer die Kwaggas teen die spanne van Burgersdorp te staan kom.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal