HoĆ«rskool Cradock se 1ste rugbyspan het die afgelope naweek deelgeneem aan die Despatch Sportfees.Ā Hier kom die Kwaggas te staan teen Otto du Plessis en Westering High School.
In die wedstryd teen Otto du Plessis het beide spanne hard gespeel, maar teen halftyd was die telling steeds 0-0.Ā Na uitputtende aanvalle breek die manne van Otto du Plessis deur en teken hul eerste punte aan, om die wedstryd in die laaste minute 7-0 te wen.Ā Raymond Tom het ān goeie wedstryd gespeel en is aangewys as die speler van die wedstryd.
Die manne van CHS het Saterdag te staan gekom teen Westering en wys weer puik verdediging.Ā Ook op die aanval vaar die Kwaggas goed en Cherwin Butler het ān mooi drie gedruk.Ā Westering kom goed terug om die telling teen halftyd 5-5 te maak.Ā In die tweede helfte is dit egter Westering wat twee geleenthede benut en twee verdiende drieĆ« druk om die kragmeting 19-5 te wen.
In beide hierdie wedstryde wys die CHS spelers hul staal en lewer goeie uitslae teen die groter stadskole.Ā CHS is saam met hierdie span opgewonde oor die seisoen wat voorlĆŖ en vertrou dat die uitslae ān refleksie sal wees van die tyd wat hulle insit om daarvoor voor te berei.Ā Dankie aan almal se ondersteuning in die voorseisoen.Ā CHS rugby ervaar beslis opwaartse groei!