)

CHS-NETBAL VAAR GOED BY DESPATCH-TOERNOOI

Hoërskool Cradock se 1ste netbalspan het op Vrydag 23 en Saterdag 24 Maart 2018 aan die Despatch Sportfees deelgeneem.  Al die top netbalskole in die OP was teenwoordig en dit was goeie opwarmingswedstryde vir die res van die seisoen.  Alhoewel CHS swak begin het teen Despatch en met 18 – 7 verloor het, het hulle daarna al hoe beter saamgespeel.  Teen Framesby het dit al beter gegaan en het hulle 12 – 6 verloor.  CHS het uitstekend teen Brandwag gespeel en was ongelukkig om met 11 – 9 te verloor.  Teen DF Malherbe was hulle kompeterend, maar kon nie ‘n teenvoeter vir die baie lang doel vind nie, en verloor met 15 – 10.

‘n Goeie oorwinning van 12 – 10 is teen DSG behaal en teen Otto du Plessis het hulle met 12 – 4 gewen.

Die vertonings teen die top skole was bemoedigend.   Ansu du Plessis, ‘n oud-leerder van CHS en voormalige NMU-speler, het onlangs ‘n uitstekende netbalkursus vir die CHS-spelers aangebied.  Dit het hulle gehelp om hul balvaardigheid en algemene spel te verbeter.

CHS is verteenwoordig deur Ilana Steenkamp (kaptein), Houghlynne Swarts,   Tamsyne Lottering, Sigcobile Nkosana, Simamkele Shweleni, Chamrine Booysen,  Lenay Booysen, Andrea Felix, Anika Hay en Marileigh Stuurman.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal