)

CHS NETBAL KLOP BURGERSDORP

Vyf netbalspanne van Hoërskool Cradock het Dinsdag, 24 Mei 2018 na Burgersdorp gereis om teen Burgersdorp Hoërskool se spanne te speel. Die wedstryde is uitgestel na hierdie datum as gevolg van die Ooskaap-proewe op 21 April 2018.

Die hoofwedstryd tussen die o.19A-spanne is in ideale weersomstandighede gespeel. Die wedstryd het vir 3 kwarte uiters gelykop verloop. Na die eerste kwart het CHS met 7 – 6 voorgeloop. Teen rustyd het Burgersdorp met 15 – 14 voorgeloop. Na afloop van die derde kwart was CHS net-net met 23 doele teenoor 21 voor. In die vierde kwart het CHS uitstekende netbal gespeel en uiteindelik met 34 – 24 geseëvier. Dit was ‘n skitterende spanpoging. Ilana Steenkamp het op Hulpdoel die telbord aan die rol gehou met die ondersteuning van Simamkele Shweleni, die Hoofdoel. Houghlynne Swarts het ‘n skitterende wedstryd op Senter gespeel en Tamsyne Lottering het haar spoed en vernuf op AV getoon. Sigcobile Nkosana, Chamrine Booysen en Lenay Booysen het ook hulle harte uitgespeel.

Die o.16A-span het ‘n goeie dag beleef en 21 – 15 gewen terwyl die o.16B-span hul wedstryd met 8-2 gewen het. Die o.14A’s het ‘n gemaklike oorwinning van 23 – 5 behaal.  Ongelukkig was Burgersdorp se o.19B-span te sterk en wen die Kwaggas met 24 doele teenoor 5.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal