)

CHS LEERLINGRAAD WOON LEIERSKAMP BY

Gedurende die afgelope langnaweek het die nuwe leerlingraad van Hoërskool Cradock ‘n leierskamp bygewoon. Hierdie kamp het plaasgevind by De Keur, in die Hofmeyr distrik, by James en Delina Jordaan.

Die groep van twintig leerders en drie voogde het Vrydag reeds vroeg vertrek vir twee volle dae van leer en lag. Quintus Smit van Pointman Leadership, ‘n internasionale instansie wat fokus op die ontwikkeling van leierskap, tree reeds die laaste twaalf jaar op as programleier en inspireer en motiveer die leerlingraad jaar na jaar om tot die beste moontlike leiers en individue te ontwikkel. Hierdie jaar was geen uitsondering.

Deur middel van groepsaktiwiteite en gesprekke het Quintus die Kwaggas gelei om die sterk karaktereienskappe in mekaar raak te sien, elkeen hul eie leierskapstyl te identifiseer en ook te bepaal watter aksie en vermoëns nodig is om ‘n sukses van hul termyn as leerlingraad te maak.

Hoewel daar ‘n paar eerlike en ernstige gesprekke gevoer is, het die groep ook ontspan en mekaar in ‘n nuetrale omgewing beter leer ken. Nuwe vriendskappe is gevorm en bestaandes verdiep. Die leerders het ook hul waagmoed gewys toe hulle saam met die span van Karoo River Rafting ‘n paar uur op die rivier spandeer het.

Met behulp van die “buddy”-sisteem, waarby twee leerders ingedeel is om vir die durasie van die kamp én die jaar vorentoe saam te werk, het die leerders vinnig hul watervoete gevind. Daar is behoorlik gelag en enige vrese of bekommernisse sommer vinnig by die deur, of dan eerder die boot, uitgegooi toe die leerders die waters aandurf en selfs oor ‘n twee-meter hoë dwarsmuur geroei het.

Hoewel hierdie groep leerders reeds bekend is vir hul energie en lewenslus moet daar melding gemaak word van hul tasbare passie vir hul skool en mede-leerders. Die toekoms is blink vir hierdie groep leiers wat, as span, saam ‘n positiewe impak wil maak op hul skool en omgewing. CHS sien uit na alles wat voorlê in die volgende jaar!

(Op die foto:)
Die leerlingraad van CHS, na die suksesvolle voltooiing van hul leierskapskamp die afgelope naweek.

Voor vlnr: Sicgobile Nkosana, Emihle Bunu, Siya Mashicila, Bruzelia Martins en Garth
Bezuidenhout

Middel vlnr: Quintus Smit, Liyema Bobelo,Sengi Mntambo, Sisanda Zenzile, Andrea Felix, Elize-Mari Gerber, Anika Marais, Elanie de Wet, Anika Hay, Ian Schoeman, Liesl-Mari Jonker en Chamrine Booysen

Agter vlnr: Pieter-Ben Smit, Willem Karsten, Martin Labuschagne en Raymond Tom

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal