Choral Celebration Festival Series. Die Fichie-koor het gisteraand, 5 Mei, by die Choral Celebration Festival Series opgetree. Hoërskool Fichardtpark het die verhoog gedeel met die kore van onder andere die Vrystaatse Universiteit, Hoër Meisieskool Oranje, Eunice High School, asook die Bloemfontein Kinderkoor. Dit was ‘n aand waarop die skool voorwaar trots kon wees op hul koor. Die koorlede het pragtig gesing én baie mooi gelyk.
Die geleentheid het plaasgevind by die Geloofsentrum, Universitas, Bloemfontein.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf