Cape Town Cycle Tour. Valia Fietsry 2026.
Baie geluk aan Shanique. Sy het onlangs aan die Cape Town Cycle Tour (Argus) deelgeneem waar sy in die 78 km-wedren ’n uitmuntende 5de plek behaal het!
Danksy hierdie prestasie het sy die UCI Gran Fondo-medalje ontvang. Sy is ook uitgenooi om later vanjaar aan die World Series in Japan deel te neem.
Shanique se ander onlangse hoogtepunte sluit in:
- UCI Gran Fondo-medalje – 2de plek
- Spargs 1000 – 1ste junior en 2de vrou algeheel
En nog is dit nie die einde nie! Van 1 tot 6 April neem sy in Bellville deel aan die SA Baanfietsrykampioenskappe.
Hoërskool Transvalia is ongelooflik trots op jou, Shanique, en wens jou alle sterkte toe vir die pad vorentoe! 🚴♀️🔥

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.hstransvalia.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









