Bultfontein-redenaarskompetisie. Met trots deel Naudies die uitsonderlike prestasies van hul talentvolle redenaars. Hulle het Donderdag, 31 Julie, aan die Bultfontein-redenaarskompetisie deelgeneem. Hierdie ses leerders het nie net hul persoonlike beste gelewer nie, maar ook Naudeville se naam met trots hoog gehou!
- Graad 3
- Lenique Loggenberg – Eerste plek
- Frederich Barnard – Derde plek. Naudies behaal die tweede plek as algehele skoolwenner in Graad 3.
- Graad 4
- Eugene Smith – Tweede plek
- Graad 6
- Hanno van Jaarsveld – Tweede plek
- Graad 7
- Mariandri Eloff – Tweede plek
- Mia Best – Derde plek. Naudies se Graad 7-span neem die oorwinning as beste skoolspan
Primêre Skool Naudeville is trots op elke deelnemer vir hul harde werk, voorbereiding en moed om voor ’n gehoor op te tree. Julle is ’n inspirasie vir ons hele skoolgemeenskap. Mag julle woorde aanhou beïndruk!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Become a Sponsor








