Boodskappe 2021 Matrieks. Daniela Jansen van Rensburg, moeder van Ludzkie Jansen van Rensburg, het ‘n besondere boodskap aan hom gerig om saam met hom die toekoms in te neem. Ludzjie is van Hoërskool Bastion in Gauteng.
“My Seun, menige tye wens ons dat jy vir altyd ons klein seuntjie kon bly, maar dan sou ons nooit die kans gehad het om te sien in watter aantreklike jong man jy ontluik het nie. Ek weet die Heer het planne vir jou lewe ver bo ons drome. Soos jy hulle sal verwesenlik, sal die vreugde wat jy voel, myne en jou pa s’n ook sal wees.
Ons kan nie wag om langs die kantlyn te staan en jou aan te moedig en te sê: “Ons het geweet jy kan dit doen want ons glo in jou”. Ek wens vir jou die krag om uitdagings met vertroue die hoof te bied. Ons wens jou ook wysheid toe om jou gevegte met oorleg te kies. Mag jy goeie avonture beleef op jou reis deur die lewe en altyd gewillig sal wees om te stop om iemand langs jou pad te help. Ek glo dat jy altyd na jou hart sal luister en risiko’s versigtig sal oordink.
Onthou altyd hoe geliefd jy is.
Liefde Jou Ma”
Foto verskaf
Lees meer skolenuus: