Dans Kompetisie – Candice Kleynhans-Bellringer is ‘n graad 7 leerder van Welkom Volkskool. Sy is ook ‘n danser by “The Dance Connection” in Welkom. Candice het die naweek van 20 en 21 November deelgeneem aan die SADTA SA’s Freestyle en Disco Dans Kampioenskappe in Bloemfontein. Saam met Demi Danièls (van Welkom Prep), Candice se dansmaat, behaal hulle ‘n derde plek in Rock en Roll, asook ‘n vyfde plek vir Couples in die dans kompetisie. In Groepsverband behaal hulle ‘n derde plek in Disco Small Groups (World Trial Cirtcuit).
In Disco Solo behaal Candice ‘n vierde plek.
Baie geluk Candice!!
Welkom Volkskool is baie trots op jou!
Meer oor Welkom Volkskool: