)

BOODSKAP VAN HOËRSKOOL DURBANVILLE SE SKOOLHOOF

My liewe Durbies

Na gisteraand se aankondiging is dit nou meer as ooit waar dat die mens soms wik, maar God beskik. Ek weet jul jaar is besig om anders uit te draai as hoe jul oor dit gedroom het. Ek is oortuig dit bring te midde van die idee van ‘n langer vakansie, bepaalde spanning en selfs vrees.

Daarom die volgende:
Dra allereers sorg dat jy en jou gesin en jou geliefdes veilig is in hierdie tye. Wees ‘n voorbeeld van gehoorsaamheid en bly by die regulasies en voorkomende aksies wat van ons verwag word. Dalk is dit die tyd om volkome te rus, jou batterye te laai en te fokus op die klein dingetjies waarvoor ons nie aldag tyd kry in die rotteresies nie. Belangrik is dat jy sal weet dat wanneer ons weer begin, die ritme dalk vinnig sal wees. Bly daarom gefokus daarop dat jy jou brein steeds stimuleer sodat jy ook akademies “fiks” kan bly. Wees verseker dat ons, jou durbiefamilie saam met jou die res van die jaar die pad gaan stap. Bly daarom positief in jou ingesteldheid oor hoe jy oor die dinge dink. Dit help nie om opstandig te word oor dinge waaroor ons tans geen beheer het nie. Wees eerder opgewonde oor die wete dat ons die verskil kan wees in die wêreld. Ek sal jul op hoogte hou van die stand van sake sodra daar meer duidelikheid is. Jy is vir ons en jou gesin kosbaar. Pas jouself mooi op!

Coenie Venter
SKOOLHOOF

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal