Bo-Weskus Individuele Skaakkampioenskap. Die Bo-Weskus Individuele Skaakkampioenskap is op Saterdag, 10 Februarie, deur Hoërskool Vredendal aangebied. 252 Leerders, van onder 7 tot onder 20 het aan die dag deelgeneem. Veertien van Hoërskool Vredendal se eie leerders het ingeskryf en baie goed gevaar. Al veertien het gekwalifiseer vir die Weskus Kampioenskappe wat op 24 Februarie plaasvind.
Hoërskool Vredendal se medaljewenners:
- Tashlyn Cloete: brons 0.15 dogters
- Angelique Klaase, silwer 0.18 dogters
- Angelique Klaase, goud 0.18 dogters.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf