Dogters krieket. Hoërskool Goudveld se eerste dogters krieket span het Dinsdag,13 Februarie, ‘n wedstryd teen Wessel Maree gespeel. Gouties het die wedstryd met 199 lopies gewen. Hierdie dames het die seisoen behoorlik afgesluit!
Goudveld het eerste gekolf en teken 246 lopies aan sonder enige verlies van paaltjies. Hul opponente kon in hulle beurt slegs 47 lopies aanteken voordat al hul paaltjies gekantel het.
Met die kolf het Gouties se Annche Zwarts uitgeblink met 106 lopies van 82 balle (nun). Mienke Nieuwenhuis het ‘n uitstekende kolfbeurt gehad met 81 lopies van slegs 63 balle (nun).
Hoërskool Goudveld se beste boulers boulers was René Steenberg met 2 paaltjies vir 4 lopies, Britney van Heerden het 2 paaltjies laat val vir 4 lopies en Sami van Heerden 2 paaltjies vir 6 lopies platgetrek.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf