Blou Bulle Hoërskolerugby. Die jaarlikse Blou Bulle Hoërskolerugby Vereniging se prysuitdelingsfunksie is op 20 September by Hoërskool Menlopark gehou.
Vanjaar het Hoërskool Die Wilgers skoonskip gemaak by dié prysuitdeling deur die eerste skool in die geskiedenis van die Blou Bulle Rugbyliga te word wat al vier die liga se trofees wen. Die 0/14A- 0/15A-, 0/16A- en 1ste spanne is kampioene van die Afdeling 3-liga. ‘n Prestasie wat nie sommer gou weer geëwenaar sal word nie!
Die Blou Bulle Hoërskolerugby Vereniging se prysuitdelingsfunksie is deur Die Wilgers se skoolhoof Me. Ilza Louw, afrigters en kapteine bygewoon. Hoërskool Die Wilgers het vanjaar met een beter gedoen, nadat hulle verlede jaar drie van die vier trofees verower het.
Die Wilgers 0/14 A
- Kaptein: MC Opperman
- Mnr Anton Welken – Hoofafrigter
- Mnr. Ruan Nel – Hulpafrigter
- Mnr. Stefan Potgieter – Spanbestuurder
Die Wilgers 0/15 A
- Kaptein: Nico Klein
- Mnr. Johan Brits – Hoofafrigter
- Mnr. Kobus Coetzee – hulpafrigter
Die Wilgers 0/16 A
- Kaptein: Adriaan Jacobs
- Mnr. Walter Booysen – Hoofafrigter
- Mnr. Henco van Vuuren – Hulpafrigter
Die Wilgers Eerstespan – White Sharks
- Kaptein: Ajay Lottering
- Mnr. Emwee Arlow – Hoofafrigter
- Mnr. Lourens Douglas – Hulpafrigter
- Mnr. Nico Nagel – Spanbestuurder
Rugbyorganiseerder: Emwee Arlow
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf