SA Opkomende Vrouekrieket. Miané Smit is ‘n Graad 12 leerder en Hoofmeisie 2023 van Hoër Meisieskool Oranje. Sy blink ook uit in krieket! Miané was gister, 21 September, die SA Opkomende Vrouekrieketspan se beste speler in Benoni.
Sy was die SA-span se voorste lopiemaker en het die beste boulsyfers teen Nieu-Seeland se senior span behaal. Miané, die vierde jongste speler, het as aanvangskolwer 34 lopies aangeteken wat 6 viere ingesluit het en sy het ook 2/36 in 6 boulbeurte met haar draaiballe behaal.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf