Nellie-padfietsryer Sias Joubert het die naweek aan die 94.7 Cycle Challenge deelgeneem. Hy het algeheel 16de in die elite-groep van 120 ryers geĆ«indig. Dit was glo ān baie harde resies, met spoed van tot 95km per uur teen sekere afdraendes.
Die wĆŖreldbekende “world tour rider” ryer en SA-kampioen, Daryl Impey asook ander top SA ryers was ook deel van die elite-groep.
Sias gaan ook volgende jaar vir Team Van der Group ry.
Team Van der Group is is een van drie kontinentale spanne wat vir 2019 in Suid-Afrika geregistreer is. Kontinentale spanne word deur nasionale federasies beheer en het ān minimum van agt ryers per span. Die ander twee kontinentale spanne vir 2019 is die Pro Touch-span en die Dimension Data-kontinentale span.
Die pro-spanstruktuur van die UCI (Union Cycliste Internationale) word in drie kategorieƫ gedeel:
1. Pro Tour-spanne
2. Pro Kontinentaal
3. Kontinentaal
Die doel van kontinentale en pro-kontinentale spanne is om ryers wat potensiaal wys die geleentheid en ervaring te bied om as professionele ryers deel te neem. Die verdere doelwit van die drie kontinentale spanne is om padfiets as sport tot nommer een op Afrika se ranglys te bevorder.
Sias het nou die geleentheid om in 2019 saam met ervare elite-ryers in ān span te ry en ongelooflike ervaring op te doen. Die program vir die jaar is so saamgestel dat die span op uitnodiging aan UCI-wedrenne in Afrika en moontlik Europa kan deelneem.
Die span neem plaaslik reeds vanaf 7 tot 17 Januarie aan die Mpumalanga-toer deel.
Baie geluk Sias!