
Balling-Hokkietoernooi – Hoër Meisieskool Oranje se hokkiespanne het die afgelope naweek deelgeneem aan die Balling-Hokkietoernooi in Bethlehem. Skole wat ook deelgeneem het, was Hoërskool Menlopark, St John’s College, Hoërskool Monument, Our Lady of Fatima Dominican Convent School en St Mary’s Diocesan School for Girls, Kloof.
Die o.16A’s en o.19B’s was onoorwonne op die Balling-hokkietoernooi. Tydens die toernooi het die o.18A’s een keer en die o.14A’s twee keer vasgeval.
Die eerste span se enigste verloor was teen verlede jaar se Super 12-naaswenner, St Mary’s Diocesan School for Girls, Kloof.
Uitslae van o/18A Balling-Hokkietoernooi spanne is:
- OMS wen 5-3 teen Menlopark
- OMS 3-0 teen St. John’s College
- OMS 4-0 teen Hoërskool Monument
- OMS speel gelykop 1-1 teen Our Lady of Fatima Dominican Convent School
- OMS verloor 1-2 teen St. Mary’s Diocesan School for Girls, Kloof.
Die volgende prestasies word behaal tydens die Balling-Hokkietoernooi
- Speler van die Toernooi en Beste Middelveldspeler (o.18) – Chanette Jansen van Vuuren.
- Doelwagter van die Toernooi (o.18) – Dané Janse van Vuuren.
- Speler van die Toernooi en Beste Middelveldspeler (o.16) – Louise Oelschig
- Voorspeler van die Toernooi (o.16) – Estelle Marx







Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s geneem deur Elzanne Fitton
Become a Sponsor