Atletiekkampioenskappe – Hoër Jongenskool Paarl, se atlete het die afgelope naweek in Roodepoort uitgeblink. Die seuns het deelgeneem aan die Twizz-atletiekkampioenskappe.
Die atletiekkampioenskappe op hierdie vlak is van hoogstaande gehalte. Dit het egter nie die atlete verhoed om mededingend te wees nie.
Daar was 39 seunspanne wat aan die atletiekkampioenskappe deelgeneem het. Hoër Jongenskool behaal ’n 9de plek in dié kampioenskappe.
Die volgende seuns het meer as 800 punte op die ASA-tabel verdien:
o. 15
Dylan Welcome 100 m-hekkies 13,94 s (829)
Ethan Venter Diskusgooi 47,43 m (808)
o. 17
Aiden Jacobs 110 m-hekkies 14,44 s (859)
Neil Hansen Gewigstoot 14,84 m (808)
o. 19
Jo Himmelstützer Gewigstoot 14,70 m (800)
Tiaan du Preez Gewigstoot 14,70 m (800)
Elton Lombaard Diskusgooi 52,04 m (935)
Baie geluk met julle puik prestasie!!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.paarlboyshigh.org.za/
Foto voorsien.