Atletiek Suid-Afrika Kampioenskappe. Atlete van HTS Middelburg het aan die Atletiek Suid-Afrika Kampioenskappe (ASA) deelgeneem waar hulle Mpumalanga verteenwoordig het. Hulle het prag- prestasies behaal.
- Ulrich Dreyer: verower ‘n silwer medalje vir verspring, seuns o.16, met ‘n skitterende afstand van 6,55m.
- Chris-Mari Bezuidenhout het met ‘n besonderse afstand van 16,68m, ‘n 3e plek behaal in Suid-Afrika.
- Kayla Coetzee: 3000m – sewende; 1500m – agtste
- Lika Olivier: 800m – vyfde
- WJ Frazer: 400m hekkies – sewende; 400m hekkies – agtste
- Logan Nienaber: Diskus – sesde
- Tercius Bezuidenhout: Spiesgooi – agtste
- Melissa Esteves: 100m – elfde
- Mischke Clark: Hoogspring – tiende
- Tosca Easton: Hoogspring – elfde
- Marius Enslin: 800m – sewentiende
Nege Rooies-atlete het in hul onderskeie items onder die Top 8 in die land geëindig.
Die atlete is tans in die Paarl waar hulle aan die Suid-Afrikaanse Skole Atletiek Kampioenskappe deelneem.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf