[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]
Meike Strydom, Graad 12 leerder van Hoërskool Outeniqua in George, het op 11 Julie Suid-Afrika by die IAAF O/20 Wêreldkampioenskappe, in Tampere, Finland, verteenwoordig.
Sy was een van ‘n handvol atlete wat in gisteroggend se kwalifiseringsrondtes outomatiese kwalifiseringsafstand kon bereik om deur te gaan na die finaal vir vroue gewigstoot. In die eerste finale rondte, wat gistermiddag plaasgevind het, het sy onder die top 8 geëindig en sodoende aan haarself ‘n plek in die finale rondte verseker.
Meike het elke beurt laat tel en in ‘n skitterende 5de posisie geëindig.
Die SA afrigter wat die span in Finland vergesel, sê in kommentaar dat dit ‘n uistekende prestasie vir ‘n 17-jarige dogter is, en dat hy nog groot dinge vir Meike voorspel op die wêreld atletiekplatform.
[/et_pb_text][et_pb_image _builder_version=”3.0.73″ src=”https://westerncapeknysna.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2018/07/Meike-no-5.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” sticky=”off” align=”left” always_center_on_mobile=”on” border_style=”solid” force_fullwidth=”off” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]