Die afgelope paar maande het 2 Duitse uitruilstudente tuis gegaan by Hoërskool Upington.
Celine Moczarski en Veronika Müller het in Augustus 2017 in Suid-Afrika aangekom en onmiddellik deel van die Uppie-familie geword. Alhoewel hul aanvanklik met die Afrikaans gesukkel het, het hul teen die einde Afrikaans verstaan en selfs gepraat.
Celine het hokkie gespeel en Veronika het, behalwe dat sy hokkie gespeel het, ook koor gesing.
Dié twee dogters het hul ondervinding hier baie geniet en ons glo hul sal goeie ambassadeurs, nie net vir Upington wees nie, maar so ook vir SA wees as hul terug is in Duitsland.
Foto: Veronika Müller, Mnr. Kotze en Celine Moczarski