ATKV Tienertoneel. Op Donderdag, 27 Julie, het die vier tienertoneelproduksies van EHS deelgeneem aan die ATKV Tienertoneel se Gauteng Streeksfees 1 kompetisie te Little Unisa Theatre in Pretoria.
Die leerders het besonder goed gevaar en uitstekende produksies gelewer.
Die toekennings wat behaal is, is as volg:
- Xaler ontvang ān brons sertifikaat vir kostuums, asook vir stelinkleding
- Streicher-Pas ontvang ān Silwer sertifikaat vir die algehele produksie
Individuele toekennings vir Streicher-Pas sluit in:
- Mnr Lourie du Plooy en mnr Ruben FouchƩ ontvang silwer sertifikate vir regie, kostuums en stelontwerp en mnr du Plooy ontvang brons vir klankbaanontwerp.
- Isabella Burgers en Franco Gibbens ontvang elkeen ān brons sertifikaat vir individuele spel
- Caitlin Williams ontvang ān silwer vir verhoogbestuur
- Suzanne Jansen van Rensburg ontvang ān brons sertifikaat vir klankoperateur
- Johan Strauss behaal ān silwer sertifikaat vir individuele spel en word ook aangewys as beste akteur in ān hoofrol tydens die streeksfees.
Beskermde Burgers ontvang ook ān silwer sertifikaat vir die algehele produksie.
Die individuele toekennings vir hierdie stuk, is:
- Me Mariaan Rust ontvang ān goue sertifikaat vir kostuums en silwer sertifikate vir regie, stelontwerp en klankbaanontwerp
- Mienke Cloete ontvang ān silwer sertifikaat vir individuele spel
- ZanĆ© du Plessis en Mia van Deventer ontvang elkeen ān brons vir individuele spel
- Rebecca Cloete, ZanĆ© du Plessis, Mienke Cloete en Mia van Deventer ontvang ook elk ān brons sertifikaat vir ensemblespel
- Eliska Duvenage, Wianke Cloete en Rebecca Cloete ontvang elkeen ān silwer sertifikaat vir onderskeidelik klankoperateur, beligtingsoperateur en verhoogbestuur.
Hierdie produksie word ook gekies om op Saterdag, 29 Julie, aan die streeksfeesfinaal van die ATKV Tienertoneel deel te neem. Hulle eindig in die top drie vir die week se optredes. Hierdie is ān besondere prestasie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf