ATKV Redenaars Semi-finaal. Drie van Bethlehem Voortrekker Hoƫrskool het baie goed presteer tydens die ATKV Redenaars Semi-finaal.
Susan Bender, Robyn Roos en Yadel Valdes het op 22 Mei deelgeneem aan die ATKV semi-finaal wat plaasgevind het by Hoƫrskool Witteberg in Bethlehem.
Robyn Roos en Yadel Valdes het ‘n derde plek behaal en Susan Bender ‘n eerste plek. Susan dring ook deur na die Nasionale finale rondte wat op 17 en 18 Augustus by ATKV-Goudini Spa aangebied word.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto’s verskaf