EHS Seunshokkie. Die Ermelo-gemeenskap het 31 Mei reggeskuif vir die titaniese stryd tussen Hoërskool Ermelo en Ligbron Akademie se seunshokkie spanne.
Die o.14’s het eerste gespeel en ten spyte van gure weer, is die wedstryd voortgesit. Ongelukkig verloor die Erries die stryd met twee doele teenoor nul. Die o.16-wedstryd was ’n baie gelyke stryd wat gelykop met tweede doele elk geëindig het. Victor Burgers en Dian van Aarde is EHS se doelskieters.
Die eerstespanne het laaste teen mekaar te staan gekom. Teen die einde van die eerste helfte, was die telling 1 – 0 in Ligbron se guns. Die eindtelling was 5 – 1 ten gunste van Ligbron. EHS se doelskieter is Rian Barnard.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf