ATKV redenaars en debatkompetisie. PRG Forum (die praatkunste) het hul Afrikaanse debat- en redenaarspanne vir ATKV redenaars en debatkompetisie ingeskryf.
Drie van Paul Roos se senior spanne het deurgedring tot die nasionale finaal. Dit sal op 19 Augustus te Goudini Spa plaasvind. Dié drie spanne bestaan uit Dirk Guelpa, Steffan Thielen, Christiaan van der Merwe, Rossouw van Niekerk, Dirkie Aldrich en Altus du Plessis.
Sewe redenaars het in die semifinale van ATKV se redenaarskompetisie meegeding. Steffan Thielen (ook in die PRG debatspan) beklee die eerste plek in die Wes-Kaap. Dit is in die senior huistaal onvoorbereide-kategorie. Waldo van Zyl, op sy beurt, beklee die tweede plek in die Wes-Kaap in die senior eerste addisionele taal voorbereide-kategorie. Beide dié twee leerders het deurgedring na die nasionale rondte wat in Augustus plaasvind.
Alhoewel Stef de Villiers, Christiaan Fouché en Julian Pratt nie die finale rondte gehaal het nie, het hulle steeds vyfde (Stef de Villiers), agste (Christiaan Fouché) en tiende (Julian Pratt) plek in hul onderskeie kategorieë in die Wes-Kaap behaal.
Paul Roos Gimnasium se koor het in 2022 as wenners in die Hoërskool Seuns Prestige-afdeling by die 2022 ATKV-Applous weggestap. Dit is Suid-Afrika se oudste koorkompetisie vir laer- en hoërskole. In 2023 het die PRG Koor weer deurgedring na die nasionale finaal. Die koor sien daarna uit om hul wentitel te verdedig by dié gesogte koorkompetisie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf