ATKV-Jeugleiersimposium. Vier van Hoër Meisieskool Paarl se Leerderleiers van 2023 het die afgelope week die ATKV-Jeugleiersimposium bygewoon by ATKV-Goudini net buite Worcester.
Hierdie simposium berei nuutverkose leiers voor op goeie leierskap sodat elkeen met selfvertroue hulle rol kan aanpak. Hulle het geluister na topsprekers en het leierskapsvaardighede aangeleer waarby hulle lewenslank sal baat.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.paarlgirlshigh.com/
Foto verskaf