ATKV Digitoneel. Bloemfonteinse Engelse roos gekies vir die kollig! Die wenner van ATKV-DigiToneel 2022 is op 1 November bekendgemaak. Dit was tydens die laaste episode van Gekies vir die Kollig, die ATKV se realiteitsreeks op VIA (DStv-kanaal 147). Lucy Groenewald is die wenner ná ’n opwindende reis van agt maande op soek na die jongste talent vir die kamera.
Lucy Groenewald (17) van die Eunice High School for Girls in Bloemfontein het die beoordelaars in die finale ronde beïndruk met haar monoloog, Wakker word, geskryf deur Ilne Fourie. Aldus die beoordelaars en almal betrokke by die projek, bied ATKV-DigiToneel aan jong deelnemers met drome van speel voor die kamera die ideale wegspringblok om te begin bou aan ’n loopbaan op die kassie.
Alhoewel Afrikaans Lucy se tweede taal is, het sy op die stel van Gekies vir die Kollig gesê dat dit vir haar vreeslik lekker is om in Afrikaans te skep en te speel.
“Lucy is een van vanjaar se finaliste. Sy het werklik, soos ’n spons, elke stukkie raad van die mentors opgesuig, oorweeg en haar eie gemaak het. Mens kon al die notas van die rondtes en haar ervaring op stel met buitementor, Solomon Cupido, in haar laaste opname sien blom!” sê ATKV-DigiToneelprojekorganiseerder, JJ van Niekerk. Hy het ook vanjaar in die regisseurstoel van Gekies vir die Kollig gesit.
Lucy het die bekroonde aktrise en mentorbeoordelaar, Lea Vivier, in trane gehad nadat Lea saam met die res van die beoordelaarspaneel na die finale opnames gekyk het. Volgens Lea het Lucy met haar laaste opname daarin geslaag om die kyker ’n blik te gee op wat die karakter voel en beleef. Dit is ’n Veeleisende vaardigheid wat beslis nie in elke akteur se broek sit nie.
Die Vrystaat is trots op jou, Lucy!
Naaswenner en derde plek
Die naaswenner van ATKV-DigiToneel is Carla Hugo van die Hoërskool Zwartkop in Centurion met haar monoloog, Oogdruppels is nie gemaak om te drink nie, geskryf deur Marista van Eeden.
Die derdeplekwenner is Lisa Kukard van die Hoërskool Durbanville, wat ’n sterk indruk op die beoordelaars gemaak het met haar selfgeskrewe monoloog, Legio.
Altwee hierdie spelers het ook astronomiese spronge gemaak sedert hul eerste opnames, wat op die verhoog verfilm is. Carla het haar ligging aangepas deur te verfilm in ’n apteek en Lisa het haar ruimte verskuif na die see, wat beide hul monoloë nuwe diepte en atmosfeer gegee het.
Almal betrokke by hierdie projek is dit eens dat ATKV-DigiToneel ’n unieke platform is wat deelnemers die regte boustene gee om diep te delf en die kuns van toneelspel voor die kamera te vervolmaak. Die proses is tydsaam en die beloning is groot, want elke deelnemer belê in hulself deur die platform as wegspringblok te gebruik. Elkeen wat vanjaar hierdie geleentheid aangegryp het, het as’t ware in die toekoms belê en ’n verskil teweeggebring.
Die wenner, Lucy Groenewald, van ATKV-DigiToneel ontvang R5000 kontant en die ATKV-DigiToneeltrofee. Carla Hugo, naaswenner stap weg met R3000 kontant. en die derdeplekwenner, Lisa Kukard, ontvang R2000.
Al die toptekste word weereens aanlyn gepubliseer.
Die ATKV is geweldig trots op ons derde monoloogbundel, wat in 2022 onder ’n nuwe temawolk gepubliseer word.
Jy kan hierdie bundel binnekort gratis op die ATKV se webwerf aflaai by https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digitoneel/.
Die deelnemersgids vir 2023 word teen 25 November bekendgestel en beloof ’n vars kinkel vir die kreatiewe jong talent wat volgende jaar wil deelneem en hul eie debuut op die kassie wil maak.
As jy enige uitsendings van die reeks misgeloop het, kan jy nou die boksstel van Gekies vir die Kollig op DStv Catch Up kyk.
ATKV DigiToneel
The winner of ATKV-DigiToneel 2022 was announced on 1 November during the final episode of Chosen for the Spotlight, the ATKV’s reality series on VIA (DStv channel 147) after an exciting eight-month journey in search of the latest talent for the camera.
Lucy Groenewald (17) from Eunice High School for Girls in Bloemfontein impressed the judges in the final round with her monologue, Waking Up, written by Ilne Fourie.
Although Afrikaans is Lucy’s second language, she said on the set of Chosen for the Spotlight that she enjoys creating and playing in Afrikaans.
“Lucy is one of this year’s finalists who has really sucked up, considered and made her own like a sponge every piece of advice from the mentors. One could see all the notes of the rounds and her experience on set with outside mentor, Solomon Cupid, blossoming in her last recording!” says ATKV DigiToneel project organiser, JJ van Niekerk, who also sat in the director’s chair of Chosen for the Spotlight this year.
Lucy had the award-winning actress and mentor judge, Lea Vivier, in tears after Lea watched the final recordings with the rest of the judging panel. According to Lea, with her last shot, Lucy managed to give the viewer a glimpse of what the character was feeling and experiencing – a demanding skill that certainly doesn’t sit in every actor’s pants.
Runner-up
The runner-up of ATKV-DigiToneel is Carla Hugo from Zwartkop High School in Centurion with her monologue, Eye Drops Is Not Made to Drink, written by Marista van Eeden. The third place winner is Lisa Kukard from Durbanville High School, who made a strong impression on the judges with her self-written monologue, Legio. Both of these players have also made astronomical leaps since their first shoots, which were filmed on stage. Carla adjusted her location by filming in a pharmacy and Lisa shifted her space to the ocean, giving both their monologues new depth and atmosphere.
Everyone involved in this project agrees that ATKV-DigiToneel is a unique platform that gives participants the right building blocks to dig deep and perfect the art of acting in front of the camera. The process is time-consuming and the reward is great because each participant invests in themselves using the platform as a starting block. Everyone who seized this opportunity this year has, as it were, invested in the future and made a difference. The winner of ATKV-DigiToneel receives R5000 in cash and the ATKV DigiToneel trophy. The runner-up walks away with R3000 cash and the third-place winner receives R2000. The top texts are once again published online.
third monologue collection, which will be published under a new theme cloud in 2022. You can soon download this bundle for free on the ATKV’s website at https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digitoneel/. The contestant guide for 2023 launches by November 25 and promises a fresh twist for the creative young talent who want to take part and make their own box office debut next year. If you missed any broadcasts of the series, you can now watch the box set of Chosen for the Spotlight on DStv Catch Up.
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
Photos supplied