ASA SA Kampioenskappe – Atlete van Hoër Meisieskool Oranje het skitterend presteer, tydens die ASA SA Kampioenskappe, wat die afgelope naweek in Groenpunt, Kaapstad plaasgevind het.
OMS-atlete het buitengewoon goed gevaar tydens die Kampioenskappe in die o.16-, o.18- en o.20 kampioenskappe. Hulle verower 10 medaljes.
Die uitslae was as volg:
- o.16
- Jumarie Matthews – Tweede in driesprong, tweede in 100m-aflos, 7de in verspring
- Karla Kock – Tweede in gewigstoot
- Mienke Botha – Tweede in 100m-aflos
- Klara van Wyk – Tweede in verspring, tweede in 100m-aflos
- o.18
- Rumé Burger – Eerste in 200m, tweede in 100m en vyfde in 100m-aflos
- Elizabeth Fick – Vyfde in 400m, vyfde in 100m-aflos
- Danyelle Pienaar – Derde in 400m-hekkies
- o.20
- Diné le Roux – Derde in 100m-hekkies
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








