Alpha Wiskunde. Cherná Fouché, Graad 12 leerder van Bethlehem Voortrekker Hoërskool, het skitterend gevaar in Alpha Wiskunde. Sy het 85% behaal in die toets.
BVHS is een van die skole in die Vrystaat waar Alpha Wiskunde aangebied word. Die ontstaan van Alpha Wiskunde is genoodsaak deur die breë kurrikulum verandering waartydens die ou Senior Sertifikaat (met hoër- en standaardgraad vakke) vervang is deur die huidige Nasionale Senior Sertifikaat. Die eerste matrieks het die nuwe matriekeksamen in 2008 geskryf.
Hierdie wiskunde bied verskeie voordele aan leerders:
- Dit stel leerders in staat om kreatief te dink.
- Dit bied meer stimulasie as skoolwiskunde.
- Dit maak die gaping tussen skool en universiteit baie kleiner want dit berei leerlinge voor met die basiese kennis om die eerste paar maande op universiteit te oorleef.
- Dit help leerders om hul graad in die voorgeskrewe tyd te voltooi, bv. dat jy jou ingenieursgraad in vier jaar sal kan voltooi.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








