Oakdale 19A: Keaton Busch
Die tradisionele Oakdale Akkerfees is vanjaar saam met die interskole kragmeting aangebied. Die naweek het afgeskop by die Riversdal Gholfbaan waar die twee skole se gholfspanne kragte gemeet het. Die C-span het hulle wedstryd met 4-2 verloor. Die B-span behaal 4½- teenoor Boland se 1½- met Pienie Pienaar wat ? goeie wendag beleef het. Die A-pan het in ? uiters spannende kragmeting met 2½ teen Boland se 3½ verloor.
Dit was reeds vroeg Saterdagoggend duidelik dat duisende toeskouers en ondersteuners hierdie geleentheid sou bywoon toe die lang ry motors buite die Oakdale-hekke opgehoop het.
Toeskouers is getrakteer op aanskoulike skolerugby terwyl daar ? feestelike atmosfeer rondom die velde geheers het. Die Toyota Hilux-bakkiekompetisie wat deur M Briers Landboudienste geborg is, is met die trekking van die gelukkige wenner net na die o.19 B-wedstryd afgesluit. Mnr. Piet Uys van Heidelberg is die wenner van die splinternuwe Toyota-bakkie.
Die Oakdale-spanne het hul goed van hul taak gekwyt tydens die interskole en het twaalf van die agtien wedstryde gewen. Alhoewel die o.19 A-span in die laaste sekondes van die wedstryd ? drie afgestaan het en die wedstryd met 23-26 verloor het, was dit absoluut opwindende skolerugby.
Die uitslae van die dag lyk soos volg: o.19A: 23-26 (Boland); o.19B: 39-22 (Oakdale); o.19C: 16-14 (Oakdale); o.19D: 12-15 (Boland); o.19E: 10-7 (Oakdale); o.19F: 12-0 (Oakdale); o.16A: 34-14 (Oakdale); o.16B: 20-10 (Oakdale); o.16C : 42-5 (Oakdale); o.16D: 10-5 (Oakdale); o.15A: 5-13 (Boland); o.15B: 22-5 (Oakdale); o.15C: 14-10 (Oakdale); o.15D: 5-0 (Oakdale); o.14A: 12-12; o.14B 7-7; o.14C: 14-7 (Oakdale) en o.14D: 14-22 (Boland)
Oakdale-puntemakers O.19a: Drieë: Vernon Paulo (4); Keaton Bush (14) en Matthew Stephens (15). Doelskoppe: Alwich vd Linde (12). Strafskoppe: Alwich vd Linde (12); Hendrik Victor (10)