Die deelnemers van HS Outeniqua.
Een-en-dertig leerders van Hoƫrskool Outeniqua George, het 3 en 4 Augustus aan die Eskom Wetenskap Ekspo deelgeneem.
Die Kwaggas het weggestap met 2 brons, 9 silwer en 5 goue toekennings vir hul projekte. Kuyler Geldenhuys en Phillip van der
Merwe is gekies om die Eden Karoo streek te verteenwoordig by die Nasionale Eskom Expo wat gedurende September plaasvind.