Mariza Claassen
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se drama-juffrou, Mariza Claassen, verlaat die skool aan die einde van die jaar vir ‘n nuwe geleentheid. Juffrou Claassen is die nuwe eienaar van Elardu-Steorra Dramaskool. Elardu-Steorra Dramaskool is deur Louise Lachenicht gestig in 1996. Louise Lachenicht is ‘n oud-affie onderwyser. Die Elardu-Steorra Dramaskool is Vrydagaand, 8 November, by die Dramaskool se jaarlikse konsert oorhandig. Van een oud-affie onnie na ‘n volgende oud affie-onnie!