Minét tydens haar “virtuele gradeplegtigheid”
Oud-Affie, Minét Uys, matrikulant van 2015, is ‘n kranige bergfietsryer en ook akademikus van formaat. Minét was ook aangewys as die top matrikulant in Gauteng. Minét verwerf haar graad in Chemiese ingenieurswese, maar dit is nie al nie… sy word deur die Suid-Afrikaanse Instituut van Chemiese Ingenieurs vereer met ‘n medalje as die beste finale jaar student!
Affies is #supertrots op haar.
Baie geluk met hierdie puik prestasie liewe Minét. Ons volg jou loopbaan met belangstelling.