Twee Affies, Lise Coetzee en Lisa Kleyn, het deelgeneem aan die 13de Junior Afrika swemkampioenskap gala vir SA.
Tusse die twee van hulle het hulle 32% van SA se goue medaljes verwerf vir die dogterspan!
Lise Coetzee is aangewys as die beste junior vroue swemmer op grond van FINA punte en verwerf:
Lise Coetzee
Individueel:
2x Goud (200m vryslag, 400m vryslag)
1x Silwer (100m rugslag)
1x Brons (100m vryslag)
Aflos:
1x Goud (gemengde wisselslag aflos)
1x Silwer (gemengde 4x100m vryslag aflos)
1x Silwer (vroue 4x100m vryslag aflos)
1x Brons (vroue 4x100m wisselslag aflos)
8 in totaal vir Lise!
Lisa Kleyn
Individueel:
4x Goud (100m & 200m borsslag, 100m vlinderslag asook 200m wisselslag)
Aflos:
1x Goud (gemengde wisselslag aflos)
1x Silwer (vroue 4x100m vryslag aflos)
1x Brons (vroue 4x100m wisselslag aflos)
4 Goud en 7 in totaal vir Lisa!
Baie geluk, julle twee!!