Voor vlnr: Marie-Louise van Zyl, Elrie Koornhof, Maarten Jonker, Antonie Labuschagne, Ben Burger en Christiaan Krüger (kapteins van die verskillende spanne)
Agter vlnr: Annelize Rostron (Do/13A-afrigter), Stephan Spamer (So/13A-afrigter), Chrizel Jordaan (So/13B-afrigter). Elené van Wyk (So/13B-afrigter: afwesig).
Laerskool Mooirivier, Potchefstroom, het vanjaar in drie van die vier Noordwes-hokkieligas koning gekraai. Die Do/13A-hokkiespan het Laerskool Brits in die finaal met 5 – 3 oorrompel. Die So/13A, ? jong spannetjie met baie min gr. 7’s, het Curro Klerksdorp in die finaal met 2 – 1 gewen. Die So/13B-span het die gedugte span van Laerskool Baillie Park met 1 – 0 gewen.
Die Do/13A-span was ook die Noordwes-wenners van die o/14A-hoërskoolliga vir mediumskole.