Hoƫrskool Punt Krieketfees se span: Voor vlnr: reece Taljaard, Kyle Moodley, Miguel Godinho, Heinrich Kamineth, Keith du Toit, Keanu Cilliers, Gerhard Vosloo.
Agter vlnr: Mnr J Slabber (spanbestuurder), Dale Jansen, Rohan Pace, Heinrich Alberts, Jan-Hendrik Marx, Estian Hobbs, Ian Visser, Conrad Strydom, Zach Oellrich
Hoƫrskool Punt, Mosselbaai, is trots om weereens in 2019, in samewerking met KFC Heiderand, en Voorbaai, die KFC Punt Krieketfees vir o/19-spanne aan te bied. Dit is vanjaar die 21ste keer dat skole van regoor Suid-Afrika hier in die Suid-Kaap bymekaar gaan kom om krieket te speel.
Die doel van die fees is om aan o/19-seuns die geleentheid te bied om hul vaardighede te slyp, vriendskappe te smee en die pragtige omgewing te verken en te geniet om sodoende tot die ontwikkeling van ons plaaslike krieket en gemeenskap by te dra.Ā Die fees vorm ook met trots deel van die Mosselbaai Munisipaliteit se jaarlikse sportfees wat ān aktiewe leefstyl aanmoedig enĀ Mosselbaai, die dorp, bemark.
Vanjaar neem 26 skole aan die toernooi deel. Wedstryde word in George, Oudtshoorn en Mosselbaai gespeel en wedstryde sal daagliks om 09:30 by die verskillende velde afskop.
Hoƫrskool Punt nooi almal uit om die verskillende velde te besoek en die spanne te ondersteun. Hoƫrskool PUNT en KFC is trots om deel te wees van hierdie projek!
Hierby aangeheg vind u ān afskrif van die wedstrydbepalings.Ā Enige navrae kan aan Rudolf Botha by Puntkrieketfees@gmail.comĀ gerig word.
Hierdie is ān trots HoĆ«rskool Punt en Mosselbaai Dorp geleentheid!
Mnr Rudolf Botha is die hoof-organiseerder.