Die groep nuutverkose VLR van 2018/2019 tydens hulle VLR-Kamp by Camp Discovery.
Die nuutverkose VLR van Ligbron Akademie vir Tegnologie vir 2019/2020 het op Dinsdag, 10 September, met groot opgewondenheid na Elandskloof Trout plaas in Dullstroom vertrek vir hulle VLR-kamp. Die nuwe VLR het tydens die kamp meer oor hulle self, sowel as hulle mede lede geleer. Die groep het ‘n vol skedule gehad met verskeie aktiwiteite wat hulle uithou- en leierskapvermoë op vele terreine beproef het. Hierdie kamp het hulle ook die geleentheid gegee om nuwe leierskapsvaardighede aan te leer en dit toe te pas. Die leerders het die kamp terdeë geniet en kon nie uitgepraat raak oor die pret wat hulle as groep ervaar het nie. Ligbron wil graag almal betrokke by die kamp bedank vir al hulle insette.