Die o/14 krieketspan van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het op Maandag, 9 September, tuis teen Cambridge College te staan gekom. Cambridge kolf eerste en teken 112 lopies vir die verlies van 3 paaltjies in hul toegelate 20 boulbeurte aan. Daarna kolf Ligbron en teken 110 lopies vir 4 paaltjies na 20 boulbeurte aan. Ligbron verloor die wedstryd met 2 lopies.
Die eerste dogters krieketspan het op Woensdag, 11 September, tuis teen Hoërskool Piet Retief te staan gekom. Piet Retief se span het eerste die kolf opgeneem en teken 166 lopies vir 2 paaltjies in 20 boulbeurte aan. Cathy Turner blink uit as bouler toe sy 2 paaltjies neem vir 28 lopies teen haar. Die Liggies kolf en teken 37 lopies, almal uit, aan. Ligbron se eerstespan verloor die wedstryd dus met 9 paaltjies.