Maritza Coetzee
Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria, is trots op hul Atletiek Afrigter, Maritza Coetzee. Nie alleen is sy aangewys as afrigter van die jaar deur Gsport4Girls nie, maar sy het die afgelope naweek twee toekennings ingepalm by Gauteng-Noord Atletiek: ‘Female Coach of the year’ en ‘Track and field coach of the year’!
Marizanne Minnaar ‘n oud atleet sê die volgende oor die merkwaardige afrigter:
‘n Goeie afrigter is baie raar, want so iemand se werk en invloed strek baie verder as oefeninge uitdeel.
‘n Goeie afrigter is iemand wat ‘n passie het vir dit wat hulle afrig.
‘n Goeie afrigter is iemand wat ‘n sterk band bou met hulle atlete.
‘n Goeie afrigter heg ewigheidswaarde toe tot hul atlete se lewens.
‘n Goeie afrigter maak seker dat haar atlete weet waar hul talente en krag vandaan kom, mààr dat dit harde wek vat om iets te bereik wat die moeite werd is.
‘n Goeie afrigter rig nie net ‘n item af nie, maar ook atlete se gesindhede, gemoedere en oortuigings.
‘n Goeie afrigter glo meer in hul atlete as wat die atlete self doen.
‘n Goeie afrigter is baie raar.
‘n Goeie afrigter is my atletiek afrigter, juffrou Maritza.
Die voorreg was beslis myne!