Voor: Arden van der Westhuyzen (o/15 White Sox).
Middel vlnr: Cathy Booysen (o/15 White Sox), Kaylinn du Preez (o/19 Red Sox) en Natasha Hattingh (o/19 White Sox).
Agter vlnr: Bianca Engelbrecht (o/19 Blue Sox), Joané Gerber (o/19 White Sox), Marna Brandt (o/15 Blue Sox) en Lize van Dyk (o/19 Red Sox).
Afwesig: Milandi Scheepers (o/15 Blue Sox).
Nege leerders van Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria, Arden van der Westhuyzen, Cathy Booysen, Kaylinn du Preez, Natasha Hattingh, Bianca Engelbrecht, Joané Gerber, Marna Brandt, Lize van Dyk en Milandi Scheepers is gekies vir die Northerns Sagtebal-spanne.
Baie geluk met dié prestasie. Harde werk word altyd beloon!