Adunaike Herling, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, het tydens die skool se jaarlikse Erkenningsaand die Christie Coetzee trofee vir die beste prestasie in ‘n skoolsport ontvang. Adunaike het die Wes-Kaap O/16 Willows verteenwoordig en sy en haar span is as die SA-kampioenspan aangewys en die goue medalje gewen! Sy is dus in die beste O/16 netbalspan in die land.