Afrikaanse Kunsvereniging Prysuitdeling. Die Afrikaanse Kunsvereniging prysuitdeling van Pretoria se jaarlikse prysuitdelingsfunksie het op 3 November plaasgevind. Hoërskool Wonderboom se leerders het uitmuntende prestasies behaal.
Die volgende Wonnies het toekennings verwerf:
- MJ Saunders – Beste Prestasie Vokaal vir ’n Hoërskool Seun
- Claudio de Sa – Beste Prestasie Poësie Eie Keuse Graad 8; Beste Prestasie Komiese Voordrag Graad 8-12; Beste Prestasie Redenaars Graad 8; Naasbeste Kandidaat H/S Voordrag en Toneel
- Sharika van der Merwe – Beste Prestasie Monoloog Graad 8
- Esrie Venter – Beste Prestasie Onvoorbereide Lees Graad 8-12
- Hayley-Jade Vieira – Beste Prestasie Redenaars Graad 8-9
Daarbenewens het Die Hoërskool Wonderboom ook die gesogte toekenning ontvang vir Beste Prestasie in Voordrag en Toneel deur ’n Hoërskool.


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








